Friday 13 September 2013

Is jy 1 dimensioneel?

Aangesien dit my blog is kan ek seker hier sê wat ek wil.  Een dimensionele mense frustreer my geweldig.  Dis nou mense wat net oor een ding kan praat.  Gewoonlik is dit rugby.  As dit nie rugby is nie kla ons oor die politiek.

Ek glo dat jy jouself kan verbeter.  Lees iets oor alles.  Selfs nou en dan goed wat jou nie interesseer nie.  Jy mag dalk tot jou verbasing agterkom dat dit jou nuuskierigheid prikkel.

Lees 'n boek.  Dis daai ding wat van papier gemaak is. ;-)  Lees 'n koerant en vind uit wat in die wêreld aangaan.  Lees verskillende kante van die saak en wees oop vir oortuiging.

As jy 'n opinie het sorg dat dit 'n ingeligte opinie is.  Feite maak dat 'n argument baie meer gewig dra.  Bevraagteken alles.  Moenie alles glo wat mense jou vertel nie maar gaan maak seker van die feite.

Volgende keer kan jy mense verbaas met jou diepte en ander dimensies.  En ja jy kan oor rugby ook praat..

No comments:

Post a Comment

Leer Java

  https://www.makeuseof.com/learn-java-online/